Boertjie

eBook: Boertjie

Sprache - Sonstige

Jetzt kostenlos lesen mit der readfy App!

Über das eBook

Die verhaal van die mense van Suidwes en deels van Suid-Afrika van "daardie tye" is hier so noukeurig as moontlik aangeteken. Die feite en daarmee ook die seleksie van temas en gebeure baseer besonders op die baie noukeurige dagboeke, die talle briewe en foto's van Hermann Deetlefs en Elisabeth Deetlefs-Reimer. Groot moeite is gedoen om so korrek as moontlik die gebeurtenisse, die emosies, die vrees en verwardheid van daardie moeilike tye weer te gee. Vandag is dit maklik om die genoemde feite per Internet te ondersoek.
Natuurlik is daar altyd twee of selfs meer weergawes van hierdie historiese werklikheide: Die wetenskaplik neutrale en die polities gekleurde. Daar is altyd daarna gepoog om die neutrale feite te gebruik, ook dan, wanneer die neutrale feite die een of ander party nie gepas het nie. Baie dinge stem nie meer met die moderne sieninge van vandag ooreen nie, maar, dit is juis waaroor dit gaan: Die minirokkie en nog meer die "skandalige" Bikini was destyds groot nuus, vandag nie. Dit as voorbeeld. Ook is dit 'n feit dat nie alle bewerings geboekstaaf kan word nie. Baie berus maar op gerugte en bespiegelinge van daardie dae. Dikwels was dit ook maar net gesprekke in die teenwoordigheid van die seun en eie dagboek-aantekeninge wat vir inligting gesorg het.
Persone wat op hul voornaam en van genoem of waar die van met 'n hoofletter aangedui word, is histories en so ver moontlik korrek weergegee. Persone wat net met voorname genoem word, is histories korrekte karakters en het wel bestaan of is die samevoeging van twee of meer "egte" persone van daardie tyd. Dit geld ook veral vir die lewensverhale van Hermann en Elisabeth Deetlefs self: Daar is net onbelangrikhede weggelaat. Hul goed gedokumenteerde lewensgeskiedenisse is al "storie genoeg" maar tog waar van die begin tot die einde.
Dit is vanselfsprekend dat ook fiktiewe brûe gebou moes word om die informasie sinvol te verbind. Maar ook in die fiktiewe dele is daar gepoog om getrou aan die werklikhede van daardie tyd te bly. Wat dinge geweldig vergemaklik het was dat die "Suidwesters" van daardie dae gewoond was om hewig te redeneer, te praat, te argumenteer. Daar het letterlik niks gebeur wat nie tot in die fynste besonderhede uitgepluis en daar kant gekies is nie. Dit was ook makliker, want die mense het geen televisie gehad nie, nee, hulle het tyd gehad.
Nog 'n laaste woord oor die gebruik van die Afrikaanse taal: Daar is gepoog om elke individu "sy" of "haar" Afrikaans te laat praat, al was dit nog so plat of foutief. Net by die gebruik van vloekwoorde is daar gepoog om 'n gangbare middelweg te vind. "Gekruide taal" en woorde wat vandag as polities nie aanvaarbaar geld nie, is so vêr as moontlik vermy. Die geneigde leser sal self weet hoe daardie tipe persone, waarop hierdie van toepassing was, gepraat het. In elk geval was dit vir die skrywer, wat self nie vloek nie, ja, nooit gevloek het nie, 'n ietwat moeilike taak om hierdie middelweg te vind.
Dan nog die woordjies soos "sobyso" en "Usikus" wat tog so eie aan die Afrikaans van daardie dae in "Suidwes" was. "Sobyso" kom van die Duitse "sowieso" en beteken "in elk geval". 'n Afrikaans-sprekende wat in die Republiek die woord gebruik het, het met die woord onmiddellik duidelik gestel dat hy 'n"Suidwester" is. En "Usakos" het net oningewydes gesê. Dit is uitgespreek soos "you-see" in Engels en "kis" in Afrikaans.


Über den Autor

annes Deetlefs besig met sy stokperdjie, die bou van modelle van die Suid-Afrikaanse Spoorweë Een van daardie Suidwes-winde het met stormsterkte vir my op I triestige Sondag op 29 September 1946 in Lüderitz, destyds een van die "groot hawestede van Suidwes-Afrika" ingewaai. En die trein, wat eintlik teen nege uur die oggend op Saterdag al verwag is, het so herhaaldelik gefluit dat dit met groot sekerheid die eerste klank was wat ek gehoor het.
In Windhoek het ek in die Emma-Hoogenhout Laerskool klas gedraf en in die pouses "Anglo-Boereoorlog" teen die "Ingelse" skoliere gespeel, dikwels genoeg met die gevolg dat ons val- en bakleimerke van die pouse deur meester se lat nog I toevoeging, gewoonlik "drie van die bestes", aan merke gehad het.
My vader het 1960 skoolhoof van die baie groot Duitse Privaatskool te Johannesburg geword wat onder andere daartoe gelei het dat ek Matriek met drie A-Tale geslaag het.
Heel teen my sin is ek nie vir die weermag geloot nie en dit het dinge bietjie deurmekaar gemaak. Pa was teen die aanname van "enige vreemde geld of beurse", want, so het hy altyd beweer, "dit maak jou net afhanklik". My familie is toe 1964 terug na Swakopmund en ek moes maar my paadjie in Johannesburg self vind. Die gevolg was dat ek in die Departement vir Immigrasie in Rissik Straat Johannesburg as klerk begin werk het. Dit was ongelooflik vervelig. Ek is toe daar weg en het op my eie I vakleerlingskap by I bekende Duitse Firma as kameradeskundige deurloop. Hier het ek geleer wat I honderdste Millimeter presies is.
Tye was egter moeilik en so het ek in Goudstad Onderwyskollege beland. En die geldjies daarvoor het ek eers elke Saterdag met die bestuur van vragmotors, later met die bestuur van busse elke oggend en aand verdien. Daar was nie geld of tyd vir "pub-crawls" of vir meisies nie, wat sekerlik ook I seën of wat was.
Na Goudstad het ek toerbusse vir I heel bekende firma vanaf Johannesburg na Durban en dan na Kaapstad en terug bestuur. Dit was dan altyd veertien dae met toeriste van die hele wêreld, heel opwindend. Een van die bates was dat ek daar die "nooientjie van my drome" gevind het.
Ek het daarom die toerbus-ryrery laat vaar en in Swakopmund begin skoolhou. Die Switserse dametjie het woord gehou en ons is daar 1973 getrou, en ons is vandag, na meer as veertig jaar, nog verlief. Aangesien ons geen kinders kon kry nie, het ons I tien dae oue dogtertjie aangeneem. Ongelukkig het dit later gebleik dat sy nie wit is nie en toe was "die herrie los". Op die ou einde het ons daarom maar ons goedjies gepak en Switserland toe gegaan. In Switserland moes ek eers leer dat my diplomas glad niks werd is nie en ek moes van nuuts aanvang. Ook dit was I moeilike tyd. Maar, ek het weer onderwyser geword en tot my aftrede in alle skooltipes onderrig, ook in beroepskole. En so tussenin het ek met kwaai studie Switserse diplomas vir klavierspeel en die bou van webwerwe verkry.

Produkt Details

Verlag: Hannes Deetlefs

Genre: Sprache - Sonstige

Sprache: Afrikaans

Umfang: 484 Seiten

Größe: 8,3 MB

ISBN: 9783907128404

Veröffentlichung: